
VLUG VAN DIE VLINDER
by THEA SWAN
158 pages· 2014· ISBN 9781491890370
About
Christélle Contreau, wêreldberoemde Franse konsertpianis, is baie meer as wat sy vir die wêreld voorhou. Van kleins af glip sy skelm weg om haar oupa in sy werkswinkel te gaan help, tot groot frustrasie van haar ouers. Op twintig kwalifiseer sy as agent in 'n spioenasienetwerk waarby haar vader haar betrek het en word die berugte Vlinder: rats, kleurvol en onaantasbaar. Maar 'n kragtige bom verwoes die motor waarin haar vader en beste vriendin, Kristine, reis en moet die Vlinder uit haar geboorteland vlug. Onder verskeie skuilname en vermommings, ontduik sy die 'Insekdoders' tot haar omswerwinge haar uiteindelik na Suid-Afrika, Kristine se vaderland, bring. En dis in Kaapstad dat sy vir Jan Brand ontmoet. Eifel-toring van 'n man, wat haar voete in 'n oogwink skoon onder haar uitslaan. Vir 'n kort rukkie leef sy in 'n waas van ongekende geluk, maar dan dryf 'n tweede bom haar weer verder, weg van die man wat sy liefhet omdat sy vrees vir sy lewe ... as hy die bom oorleef het. Sal sy hom ooit weer sien? Sal sy ooit weer net Christélle Contreau wees? Sal die Vlinder se vlug ooit tot 'n einde kom?
Discuss VLUG VAN DIE VLINDER with other readers
Join or start a book club for VLUG VAN DIE VLINDER on Readfeed. Live chat, shared reading progress, and AI discussion questions — free to get started.
Frequently asked questions
How do I join a book club for VLUG VAN DIE VLINDER?
Sign up free on Readfeed, then browse public clubs or start your own club with VLUG VAN DIE VLINDER as the current read. Invite friends with a share link and discuss together with live chat and AI discussion questions.
Can I discuss VLUG VAN DIE VLINDER with other readers online?
Yes. Readfeed book clubs let you chat live, share progress, and join discussions about VLUG VAN DIE VLINDER with readers worldwide — whether your club is virtual, in-person, or hybrid.
Is Readfeed free?
Yes. Creating an account and joining book clubs is free. Sign up to find readers who love the same books and start discussing today.