
Wat Wenners Weet
by Louis Brittz
208 pages· 2013· ISBN 9781415325445
About
Nadat Louis Brittz en sy gesin in Februarie 2010 die slagoffers van ’n gewapende roof, ontvoering, doodsdreigemente en verkragting was, het hulle beleef hoedat hulle, in Louis se woorde, ‘deur die Here se genade sonder littekens aan ons siele of gees daaruit gestap het.’ Hulle was amper onmiddellik heel en mense het gedink dat hulle óf jok, óf superkragte van een of ander aard het. Maar Louis het besef dat God jare lank al besig was om hulle te leer om volgens sekere beginsels te lewe. Dit, saam met Sy krag en teenwoordigheid, het hulle in staat gestel om hierdie traumatiese ervaring volkome te verwerk. Vanuit hierdie ervaring is Wat wenners weet gebore. Ons is gebore om wenners te wees en elkeen – van die heel gewones tot die superbegaafdes – kan ’n wenner wees. Dis in jou geestelike DNS ingeskryf deur God self. Hierdie boek is nie ’n aksieplan nie. Dis ’n uitnodiging om spesifieke dinge in jou lewe voor God neer te lê en Hom in verootmoediging te vra om jou te verander. Dis ook nie ’n boek wat elke dingetjie probeer hanteer wat jou lewensgehalte kan verbeter nie. Dit vertel jou nie na watter musiek om te luister, waar om vakansie te hou of om groen tee te drink vir jou spysvertering nie. Louis bepaal hom by dié dinge wat hy glo noodsaaklik is om in oorwinning te kan leef. Dis ’n reis deur God se beskikbare middele om sy kinders in wenners te verander. Louis bespreek onderwerpe soos: • Wenners het alles verloor • Wenners kan vergeet • Wenners weet wie hulle is • Wenners vra die harde vrae • Wenners oorwin hulle gedagtes • Wenners is bagasievry Wat wenners weet gee jou ’n bloudruk van dinge wat in ’n wenner se lewe anders lyk as in die van ander mense en sal jou in staat stel om in alle omstandighede meer as ’n oorwinnaar te wees.
Discuss Wat Wenners Weet with other readers
Join or start a book club for Wat Wenners Weet on Readfeed. Live chat, shared reading progress, and AI discussion questions — free to get started.
Frequently asked questions
How do I join a book club for Wat Wenners Weet?
Sign up free on Readfeed, then browse public clubs or start your own club with Wat Wenners Weet as the current read. Invite friends with a share link and discuss together with live chat and AI discussion questions.
Can I discuss Wat Wenners Weet with other readers online?
Yes. Readfeed book clubs let you chat live, share progress, and join discussions about Wat Wenners Weet with readers worldwide — whether your club is virtual, in-person, or hybrid.
Is Readfeed free?
Yes. Creating an account and joining book clubs is free. Sign up to find readers who love the same books and start discussing today.